Monday, August 15, 2011

foto na dans- soldaatvolk

Volg sirene om te herinner.
Vrees om te vergaan
Aangetrek om so te verskil.
Vrees om te vergaan.
Waardering geheg
Aan potensiële verbeuring
So was ek ge-lepelvoer
‘n Spieëlbeeld van ons ouers.
So was elkeen waarop ek nou rus.

My gedagtes behoort agter tralies
Daar's net plek vir een in my kis.
Ek kon net kyk....
Ek kon net kyk....
Ek kon net kyk hoe alles vergaan.

Resies gehou tot my bodem
Terwyl ek telling hou
Telling van ‘n borrel begeerte
Begeerte na bo.
Verweer sodra. Sodra die nommer my naam oorneem
Gekam om in te pas.
Sodat niemand sal agterkom nie.

My gedagtes behoort agter tralies
Daar's net plek vir een in my kis.
Ek kon net kyk....
Ek kon net kyk....
Ek kon net kyk hoe alles vergaan.

My gedagtes behoort agter tralies
Daar's net plek vir een in my kis.
Ek kon net kyk....
Ek kon net kyk....
Ek kon net kyk hoe alles vergaan.

Foto na dans- soldaatvolk

No comments:

Post a Comment